Hoe kan ek adverteer op die webwerf

Attention: open in a new window. PDFPrintE-mail

Uitstallers kan hulle besighede of produkte adverteer op die webwerf (www.magaliesbergfees.co.za) teen R100 per advertensie van besigheid of produk. Indien u vroegtydig u advertensie plaas, kan u vir 'n langer tydperk bloodstelling kry.

Hoeveel verkeer ons ontvang 

Hierdie webwerf het in 2007 meer as 40'000 hits ontvang, waarvan die meeste voor die fees assook tydens die fees ontvang was. Na die fees, het ons 'n afname tot en met Mei hierdie jaar ontvang, waarna ons weer 'n toename van verkeer ondervind het. Ons verwag weereens dat die verkeer sal toeneem, tot selfs tydens en 'n kort rukkie na die fees. Dus is dit tot jou voordeel om so gou as moontlik jou advertensie hier te plaas, sodat jy die maksimum bloodstelling kan kry.

Die proses om jou advertensie te plaas 

Die advertensies sal binne 7 dae geplaas word vanaf die datum van goedkeuring.  U moet ‘n advertensie in foto formaat van maksimum 100kb (150px x 150px) saam stuur per e-pos. Indien u ‘n webwerf het, stuur die skakel na u webwerf saam.

Indien u nie ‘n webwerf het nie, stuur ‘n kort (+/-300 woorde) beskrywing van u produk/diens of besigheid wat u wil adverteer, ons sal dan vir u ‘n advertensie bladsy skep op ons webwerf. Onvolledige advertensies sal ongelukkig nie geplaas kan word nie.

Ons kan u ook help om die 150px by 150px foto advertensies te skep, en dit sal ‘n koste van ‘n aditionele R100 per advertensie beloop vir ‘n basiese ontwerp.

Die 150px by 150px advertensies sal aan die linkerkant op die webwerf verskyn op ‘n gelyke “random” basis.

U kan meer as een advertensie instuur as u wil. Advertensies sal min of meer op die webwerf bly tot April die volgende jaar, of ten minste 6 maande. Dus hou gouer jy aansoek doen om jou advertensie te plaas, hoe beter.

Om u advertensie te plaas, klik hier en voltooi die vorm, waarna u gekontak sal word.