Magaliesbergfees
Voorwoord
Written by Magaliesbergfees Koordineerder
DIE JAARLIKSE MAGALIESBERG FEES BY ZANANDI 7 – 9 AUGUSTUS 2008
‘n Aantal boere en sakelui het in 2005 ‘n glansryke fees van stapel gestuur wat sedertdien jaarliks aangebied word op die terrein van Klub Zanandi in die Brits-distrik, die Hartbeespoortdam – omgewing op die Ou Rustenburgpad. Hierdie fees het intussen gegroei tot ’n fenominale jaarlikse aanbieding van oor die 10 000 voetverkeer in 2006.
Twaalf vaste komiteelede met die hulp van heelwat ander lede, bestuur hierdie projek sonder winsbejag op eie koste ter bevordering van wat die gemeenskap benodig met betrekking tot kultuursake en ekonomiese belange. Getroue maandelikse komiteevergaderings om elke jaar ‘n suksesvolle fees sonder verleentheid aan te bied, dra by tot die sekerheid dat hierdie jaarlikse fees ‘n groeiende bate vir ons gemeenskap is.
Hierdie jaar is ons tema – ALTERNATIEWE ENERGIE
Aksies van reëlingskomitee sluit vir 2008 ook onder andere in:
• Oor die 200 uitstallings
• 250 Senior Burgers word bederf vir ‘n oggend
• Rofstoei
• Vee afdeling met Stoet Brahmane
• Skaapkopgulde van Brits Braai weer skaapkoppe
• ‘n Oggendtee vir die dames spesiaal vir Nasionale Vrouedag
• Alternatiewe Energie stalletjies en praaitjies vir meer geld in jou sak
• Groot skerm TV in die biertuin
• Sokkie vir die jonges
• Windgeweerskiet kompetisie
• Kleuter motorfietsie kompetiesie en trompoppies
• Pryse en toekennings vir die beste stalletjie in elke afdeling
• En dan is daar nog baie bekende Afrikaanse kunstenaars.
Die woord Magaliesberg Fees hou verband met die bekende (Mamogalie) bergreeks en plattelandse atmosfeer en dui daarop dat ons Suid-Afrikaners mense van die grond en natuur is. Die naam word verder ondersteun deur die woord Fees, wat die polsende geleentheid omskryf.
Hierdie jaarlikse Fees wat hom wil laat onderskei as ‘n Fees van top-gehalte aktiwiteite en ‘n konstruktiewe bydrae lewer tot die ontwikkeling in die algemeen van HARTBEESPOORT, BRITS en omgewing. Die Fees ondersteun bestaande ekonomiese aktiwiteite en bring I beduidende stimulus vir die plaaslike en streeksekonomie mee. Dit is ’n toonvenster van die beste van huidige en ontwikkelende tendense in die land en sluit ook die klassieke in, dikwels met ’n nuwe baadjie. Magaliesberg Fees skep die geleentheid vir opwindende, opkomende entrepeneurs en kunstenaars om saam met gevestigde kunstenaars voor gehore op te tree. Die bewaring en bevordering van kulturele bates en erfenis rus toenemend op die skouers van die gemeenskap en hierdie Fees bied 'n kwaliteitsplatform vir die bevordering van ‘n belangrike bate en ondersteun sodoende die gemeenskap en verryk ons samelewing.
‘n Aantal nasionale en plaaslike maatskappye en organisasies het hulself tot Magaliesberg Fees verbind deur middel van borgskappe. Dié stap is besonder positief deur die media uitgedra en word beskou as I aanduiding van maatskappye se positiewe verbintenis met die Fees. Die Fees het nasionale aansien verwerf in 2006 toe die FIESTA span op Nasionale TV ’n program oor die Fees gebeeldsaai het.
Die Fees se teikenmark is die hele gesin, van jonk tot oud, veral kinders, en almal kry jaarliks spesiale aandag op een of ander manier soos in die program saamgestel is. Die Fees het die nuuste, beste en ook ou-bekende kunstenaars by die Fees vir u genot saamgebring. U veligheid is vir ons belangrik en daarom sal daar deurgans sekuriteit op die terrrein teenwoordig wees om u die gemak van ’n ontspanne atmosfeer te gee. Vir u veiligheid kan kontant op die terrein onttrek word na behoefte.
Kontak asseblief ons feeskoordineerder indien u by ons wil uitstal, ‘n borg will wees – ons het verskeie skemas, ‘n vriend van die fees te wees – u energie wil bydrae saam met ons span feeskomiteelede of net ons fees will besoek gedurende ons feesdae. Op hierdie webwerf is instruksies na Zanandi, die Magaliesberfees terein.
U mees gewaardeerde borg of finansiele bydrae word benodig om hierdie uitstaande geleentheid in ons omgewing moontlik te maak. Al ons borge sal geadverteer word vir die volgende jaar op die Magaliesfees webtuiste. Ons webtuiste word baie gereel besoek deur belangstellendes.
WORD ‘N VRIEND VAN DIE MAGALIESBERG FEES EN KRY DAARDIE SPESIALE BEHANDELING WAARNA JY SO SMAG.
“Sien julle elkeen by die Fees”
Magaliesberg Feeskomitee





